Neville

English
E-Pos ons!

So vier jaar gelede het ek 'n kennis se pa gehelp om 'n paar van sy korwe te skuif en die gogga het gebyt!

Verlede jaar, aan die begin van die somer het ek by een van die plaaslike bye boere 'n broeikas gekoop en by een van my medewerkers se huis gaan neersit langs 'n wilde swerm met die hoop dat hulle in my kas intrek - 'n maand later was die kas vol termiete en die bye weg!

Begin Desember het ons die korf gaan neersit by 'n meterkas wat 'n baie ou en groot swerm het - Einde Januarie doen ek navraag en verneem dat die stadsraad die wilde bye vernietig het twee dae nadat ek die kas gaan plaas het!

Begin Februarie 2006 kry ek  'n oproep van iemand wat twee wilde neste en drie korwe het wat hy wil laat verwyder - daar begin my bye boerdery! Gelukkig was daar net een wilde bynes in 'n ou trekker band vol grond wat ek ongelukkig moes vergiftig (en baie seker maak voels kry nie die dooie bye in nie!)

Ek het die korwe so 50m van die huis af op 'n lekker rots neer gesit en gaan maak gereeld 'n draai daar om hallo te s!

 

 

 

 

 

 

 

 

Soos op die foto's gesien kort die korwe aandag:

Nou moet ek s, die swerm is moeilik! Ek het nooit geweet 'n by kan deur 'n jean steek nie, vier keer! Die korf kan vir eers net so gebruik word maar sal gou vervang moet word.

 

 

 

 

 

Ek het vreeslik baie geleer met die oplaai en vervoer van die swerms - gee jou 'n idiee van hoeveel ek nog sal leer n ! Soos byvoorbeeld die gewig van 'n vol korf met heuning kas! Moet dit nie alleen probeer skuif nie!

Soos ek die nuwe "families" van my hanteer en versorg sal ek my menings hier weergee, ek sal dit waardeer as julle kan kommentaar lewer. Soos Herman, die vorige eienaar van die korwe s: "Omtrent alles wat jy lees is net mooi anders in die regte lewe!"

 

Die korf heel regs moet so gou as moontlik vervang word met my bestaande kas sodra die termiet skade herstel is. (Die was ook 'n lekker swerm om mee te werk.)
Die korf heel links kan vir eers net so gebruik word, 'n heuning kas kan net bo-op geplaas word! (Lekker rustige swerm!)