RONDLOPER HONDE VERSKEUR BULLETJIE!
En amper my kind ook:
Lees "Die Laevelder" se berig: - Onmin na hond geskiet word OF as die skakel nie werk nie Laai die PDF af.
Vreeslike hartseer storie - hoekom loop die "lid" van hulle gesin rond en soek kos by ander mense? Moet jou hond nie by jou eie huis bly nie? Ons honde kan nie rondloop nie - hulle is veilig binne 'n veiligheids heining om ons op te pas!
En soos gewoonlik sal die berig nie feitelik weer gegee word nie. Die honde het die kalfies 18 Junie 2008 verskeur - kyk na die foto's. Die staatsveearts het die volgende oggend gevra dat die kalfie uit gesit word aan gesien hy van mening is dat die wonde nie sal herstel nie. En ek het die SAPD geskakel, was verwys na die Stadsraad van Nelspruit, was verwys na die DBV - hulle het dadelik 'n probleem met my ontwikkel want nou ly die arme kalfie! Terug na die SAPD en vra hulp waarvoor ons tot vandag wag - hoe bepaal hulle watter hulp krete kry aandag?
Die 7de Julie 2008, so net voor middagete kom die kalfies aan gehardloop asof die duiwel op hulle is! (Dit is nou die oorblywendes) Sien ons die honde daar waar die kalfies gewei het - ons sluit hulle sommer dadelik in die kamp toe vir beskerming teen die rondloper honde. Wragtig so uur later hoor ons die kalfies gaan mal in die kamp - staan die duitse herders hond net buite die kamp teen die draad en die swart labrador BINNE die kamp. (Die kamp is van Bonnox heinig gemaak - hy moes bo-oor of onder deur) My eerste gedagte is om die hond te vang en in die buurman se alie te gaan druk - daar bestorm die bleddie hond my en my seun! Dit was sy laaste storm, ek gaan beslis nie verskeur word soos my kalfie nie.
En daar het die arme hond gelê en wag vir sy mense om hom te kom soek - tot die volgende oggend so agt uur se kant toe ek hom verwyder. En dit is net daar waar die die buurvrou soos 'n wafferse "cowgirl" van doer anderkant by die heining skree "watse hond is dit?" en dadelik omdraai met die sellefoon teen die oor, ek wou haar nog vertel......
Dit is maklik vir 'n nege maande oue Labrador wat so 50Kg weeg om 'n amper vyf maande oue kalfie te verskeur - veral as daar 'n duitse herders hond en 'n foksterier? help!
As kind onthou ek hoe honde tussen my pa se 35 skape in gevaar het en binne 'n paar minute 23 skape verskeur het, in so mate dat ons 18 verloor het. 51% van my pa se boerdery verloor - dalk was ek gelukkig: ek het net 25% van my boerdery verloor! So paar jaar gelede het ek net oor die 35 ganse gehad en daar vlieg dieselfde buurman se honde tussen hulle in......
My grootste verwyt is dat ek in die proses 'n pragtige bulletjie verloor het en die bure 'n pragtige hond wat alles vermy kon word as ons honde eienaars meer verantwoordelikheid aan die dag lê en die nodige doen - soos om te verseker dat ons sorg dat ons geliefdes by die huis bly en nie op die buurman se eiendom gaan skade veroorsaak nie. Dit is vreeslik gerieflik om te kla dat die pragtige hond soos 'n deel van die gesin is, hoekom nie verantwoordelik genoeg optree teenoor die "deel van die gesin" deur te sorg dat hy veilig by die huis bly nie. Niemand sal "'n deel van die gesin" alleen by die huis los en nie sorg dat daar toesig is en die deure nie sluit nie! Hoekom die hond los dat hy rondloop?
Maak kontak met enige Diere Beskermings Vereniging en vrae hoekom hulle bestaan en wat hulle doel in die lewe is! RONDLOPER DIERE! ONVERANTWOORDELIKE DIER EIENEAARS!
En dan vrees ons nog die huidige hondsdolheid uitbreek in die omgewing - dalk was die hond siek en ek en my seun baie gelukkig dat ons nie gebyt is nie. Hoekom sal 'n jong kind se hond rondloop die oomblik as sy baas uit sig is en so wreed optree?
Ek het nie al die antwoorde nie en ook nie die geld om my plasie teen honde te beveilig nie. As enige iemand eendag 'n oplossing kry vir die DBV se probleme sal myne ook op gelos word - en ek glo dit sal baie beter gaan met almal. Hoeveel keer hoor ons van kinders en volwassenes wat deur rondloper honde aan geval is?
Die kalfies is my poging om eendag 'n bietjie rooi vleis in die huis te hê. Om uit 4 beeste een te verloor gaan my eendag meer kos as wat ons besef!
Dalk moet ons bly wees dit was 'n dier wat die slagoffer geword het en nie 'n ernstig siek dogtertjie nie.
Maar so is die lewe maar besaai met probleempies. Kyk mooi na die foto's van die arme kalfie - dink hoeveel keer ek deur die nag op gestaan het om te gaan kyk hoe gaan dit met my babatjie, of die gas verwarmer wat ek vir hom op gehang het nog werk en hoe ek probeer het om die pyn beter te troos! En dan word hy uit gesit omdat hy nie 'n goeie kans op herstel het nie.
RONDLOPER HONDE IS SOOS KRIMINELE - NADELIG VIR DIE SAMELEWING!
Interessante Google soek: Rondloper Honde
Dankie vir die volgende forums se lede belangstelling en boodskappe:
Environment South Africa - NEWS - FORUMS